• Wie’s Wie

R_Fourie

Voorsitter

Dr. Reinhardt Fourie
Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
E-pos: fourir@unisa.ac.za
Tel: +27 12 429 6603
Google Scholar | ORCID

Reinhardt Fourie studeer aan die Universiteit van Pretoria, Universiteit Gent (België), die Katholieke Universiteit Leuven (België) en Stellenbosch Universiteit. Hy was voorheen verbonde aan die Departement Afrikaans en Eenheid vir Akademiese Geletterdheid aan die Universiteit van Pretoria. Tussen 2014 en 2022 is hy werksaam as lektor in die Departement Engels aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy is tans senior lektor in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (Unisa). Sy navorsingsbelangstellings sluit in vergelykende letterkunde (Engels/Afrikaans) en postkolonialisme.

M Dass bw

Ondervoorsitter

Dr Minesh Dass
Departement Engels
Universiteit van Johannesburg
E-pos: m.dass@uj.ac.za

Minesh Dass is senior lektor in die Departement Engels aan die Universiteit van Johannesburg. Hy het voorheen ook Engelse letterkunde aan die Rhodes-universiteit doseer, en was dosent in literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy navorsingsuitsette handel oor nosies van tuiste en verbondenheid in Suid-Afrikaanse postapartheidtekste en oor institusionele universiteitskultuur. Sy huidige navorsingfokus behels literêre ondersoeksmetodes en die toepaslikheid daarvan binne Suid-Afrikaanse kultuurstudie.

Neil van Heerden

Sekretaris

Dr. Neil van Heerden
Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
E-pos: vheern@unisa.ac.za
Tel: +27 12 429 6424

Neil van Heerden studeer aan die Universiteit van Pretoria en voltooi in 2018 ’n PhD getiteld “Misdaadfiksie en die literêre kanon in Afrikaans: ’n ondersoek na die romans van Deon Meyer”. Hy is tans verbonde aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar hy Afrikaanse letterkunde doseer. Sy navorsingsbelangstellings sluit in narratologie, postkoloniale teorie, ekokritiek, populêre fiksie en misdaadfiksie.

Gemma Field

Tesourier

Gemma Field
Universiteit van Kaapstad
E-pos: Fldgem001@myuct.ac.za

Gemma Field behaal haar MA in Engelse taal- en letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy in 2016 haar Honneursgraad voltooi het. Haar Honneursskripsie, wat in 2017 verskyn het in LASA se Tydskrif vir Literatuurwetenskap, verken die techno-utopiese narratief in Frank Herbert se Dune (1965). In 2018 ontvang sy die Stan Ridge Memorial Prize vir die Beste Studente-essay aan die Universiteit van die Weskaapland. Haar meestersverhandeling, onder begeleiding van dr. Hedley Twidle, is ‘n vergelykende ontleding van omgewingsbewustheid in Nigeriese en Chinese wetenskapsfiksie.

Addisionele Lede

Siseko Kumalo

Siseko H. Kumalo
Departement Filosofie
Universiteit van Fort Hare
E-pos: skumalo@ufh.ac.za
Google Scholar | ORCID

Siseko H. Khumalo is lektor in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare. Hy ontvang sy formatiewe opleiding aan die Rhodes-universiteit, waar hy politieke wetenskappe, internasionale betrekkinge, antropologie en filosofie gestudeer het. In sy Honneursjaar ontvang hy die Mandela Rhodes-beurs (2017). Hy behaal sy MA in Politieke Filosofie (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria en werk tans aan sy PhD in die Departement Politieke Wetenskappe aan dieselfde instansie. In sy doktorale navorsing ontwikkel hy ’n model vir inklusiewe nasionale identiteit in Suid-Afrika deur gebruik te maak van die werk van William Wellington Gqoba en SEK Mqhayi. Hy is die ontvanger van die Harvard South African Fellowship (aanvang 2022) en word erken in die Mail & Guardian se Top 200 Young South African (in die kategorie onderrig).

Silindiwe Sibanda

Dr. Silindiwe Sibanda
Departement Engels
Universiteit van Pretoria
E-pos: silindiwe@gmail.com
ORCID

Silindiwe Sibanda is ‘n navorser verbonde aan die Departement Engels aan die Universiteit van Pretoria. Haar belangstellings is Afrika-letterkunde, jeugfiksie en die werk van Thomas Hardy.

Alan Northover 1

Redakteur: Tydskrif vir Literatuurwetenskap

Prof. Alan Northover
Department Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
E-pos: northra@unisa.ac.za
Tel: +27 12 429 6794
Google Scholar |
ORCID

Richard Alan Northover is tans mede-professor in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy verwerf in 2010 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria. Sy verhandeling is getiteld “J.M. Coetzee and Animal Rights: Elizabeth Costello’s Challenge to Philosophy’. Sy akademiese belangstelling sluit in letterkunde, literatuurwetenskap, filosofie, geskiedenis, rotskuns, mite en godsdiens, en hy is tans werksaam in die ondersoeksrigtings van dierestudies en ekokritiek. Sy publikasies kan gevind word deur die bovermelde ORCID-skakel te volg.