
Prof. Andy Carolin
Departement Engels
Universiteit van Johannesburg
E-pos: andyc@uj.ac.za
Tel: +27 11 559 2063
Google Scholar
Andy Carolin (PhD) is mede-professor in die Departement Engels aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is die outeur van die bekroonde boek Post-Apartheid Same-Sex Sexualities: Restless Identities in Literary and Visual Culture (Routledge 2021). Sy huidige navorsingsfokus val op seksualiteitstudie, queerteorie en genderstudie in sowel Suid-Afrikaanse as Ierse letterkunde en kultuur. Sy mees onlangse werk verskyn in vaktydskrifte soos Modern Fiction Studies en Textual Practice.

Ondervoorsitter
Dr. Neil van Heerden
Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
E-pos: vheern@unisa.ac.za
Tel: +27 12 429 6424
Google Scholar
Neil van Heerden studeer aan die Universiteit van Pretoria en voltooi in 2018 ’n PhD getiteld “Misdaadfiksie en die literêre kanon in Afrikaans: ’n ondersoek na die romans van Deon Meyer”. Hy is tans verbonde aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar hy Afrikaanse letterkunde doseer. Sy navorsingsbelangstellings sluit in narratologie, postkoloniale teorie, ekokritiek, populêre fiksie en misdaadfiksie.

Sekretaris
Dr. Thobekile Masombuka
Departement Engels
Universiteit van Johannesburg
E-pos: thobekilem@uj.ac.za
Tel: +27 11 559 2063
Google Scholar
Thobekile Masombuka doseer letterkunde in die Universiteit van Johannesburg se Departement Engels. She ontvang ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns van Rhodes-universiteit, en haar PhD-verhandeling (voltooi aan UJ) ondersoek die uitbeelding van religieuse sinkretisisme in hedendaagse Nigeriese romans. Haar navorsingsbelangstelling sluit in religie en spiritualiteit in hedendaagse Afrika-letterkunde, en ook populêre fiksie.

Tesourier
Gemma Field
Departement Engels
Universiteit van die Vrystaat
E-pos: fieldgrn@ufs.ac.za
Gemma Field is lektor in die Departement Engels aan die Universiteit van die Vrystaat. Op die QwaQwa-kampus in die skadu van die Drakensberge doseer sy modernisme, kontemporêre letterkunde, omgewingsgerigte geesteswetenskappe en ekokritiek. Sy is ‘n PhD-kandidaat aan die Departement Engels aan die Universiteit van Johannesburg. Haar verhandeling ondersoek die verhouding(s) tussen plattelandse ruimte en queerheid in hedendaagse Suid-Afrikaanse letterkunde. Sy ontvang ‘n MA in Engels aan die Universiteit van Kaapstad.
Addisionele Lede

Dr. Reinhardt Fourie
Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
E-pos: fourir@unisa.ac.za
Tel: +27 12 429 6603
Google Scholar | ORCID
Reinhardt Fourie studeer aan die Universiteit van Pretoria, Universiteit Gent (België), die Katholieke Universiteit Leuven (België) en Stellenbosch Universiteit. Hy was voorheen verbonde aan die Departement Afrikaans en Eenheid vir Akademiese Geletterdheid aan die Universiteit van Pretoria. Tussen 2014 en 2022 is hy werksaam as lektor in die Departement Engels aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy is tans senior lektor in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (Unisa). Hy het tussen 2019 en 2025 gedien as voorsitter van LASA. Sy navorsingsbelangstellings sluit in vergelykende letterkunde (Engels/Afrikaans) en postkolonialisme.

Dr. Silindiwe Sibanda
Departement Engels
Universiteit van Pretoria
E-pos: silindiwe@gmail.com
ORCID
Silindiwe Sibanda is al vir meer as twee dekades werksaam as navorser en dosent. Sy beskik oor ‘n PhD in kinder- en jeugletterkunde van die Universiteit van die Witwatersrand, en die afgelope ses jaar het haar fokus verskuif na onderrig. Gevolglik voltooi sy ‘n NGSO aan die Universiteit van Sunderland. Sy was voorheen lektor in die Engelsdepartemente aan Unisa en die Universiteit van Pretoria. Sy was as opvoeder betrokke by Venture Education Centre in Beijing, waar sy met tweedetaalsprekers gewerk het om hulle voor te berei op Engelstalige onderrig en universiteitstoelating. Hierbenewens het sy Engels en Individue en Samelewings onderrig op hoër- en laerskoolvlak aan die Western Academy of Beijing, waar sy ook as opvoeder in taalondersteuning werksaam was. Haar onlangse navorsing behels die bevordering van lees onder leerders, sowel as die insluiting en tegemoetkoming van leerders met gesigsgestremdhede in hoofstroomskole.

Redakteur: Tydskrif vir Literatuurwetenskap
Prof. Alan Northover
Department Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
E-pos: northra@unisa.ac.za
Tel: +27 12 429 6794
Google Scholar | ORCID
Richard Alan Northover is professor in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy verwerf in 2010 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria. Sy verhandeling is getiteld “J.M. Coetzee and Animal Rights: Elizabeth Costello’s Challenge to Philosophy’. Sy akademiese belangstelling sluit in letterkunde, literatuurwetenskap, filosofie, geskiedenis, rotskuns, mite en godsdiens, en hy is tans werksaam in die ondersoeksrigtings van dierestudies en ekokritiek. Sy publikasies kan gevind word deur die bovermelde ORCID-skakel te volg.
